Here you’ll find easy reading that’ll help you improve your financial know-how.

SKOP JOU BESIGHEID GOED AF!
 Oct 21, 2015
  iske

  Brend4.jpg
Die week gesels ons met besigheidskenner Brend Badenhorst oor hoe jy jouself kan toerus om jou eie besigheid te begin; hoe en hoekom jy jou besigheid moet registreer en ook hoe jy jou kans op sukses kan verhoog. 

Brend is een van die besturende direkteure van Company Partners, ‘n maatskappy wat daarop toegespits is om afskopondernemings van die been af te kry. Hulle help met registrasie, BEE sertifisering, besigheidsplanne ens.


Ons het Brend gepeper met genoeg vrae om jou te help om jou besigheid goed aan die gang te kry.

Brend_BUTTON.png


Wat is nodig om jou besigheid op die been te bring?

Jou eerste stap sal wees om ‘n privaat maatskappy (PTY) te stig. ‘n PTY beteken dit is ‘n private maatskappy en nie ‘n publieke maatskappy wat op die JSE sy aandele gaan verkoop nie.
Dit doen jy by CIPC en dan kry jy ‘n besigheidsregistrasie-nommer. Jy kan dit direk deur die CIPC doen of deur ons besigheid se registrasie spesialiste.

Hoekom is dit goed om ‘n besigheid te registreer? 

Vir sommige kontrakte en tenders is dit nodig om ‘n besigheidsnommer te hê. Dit is ook veiliger om onder ‘n PTY besigheid te doen. As jy onder ‘n PTY besigheid doen en iets gebeur met die besigheid mag hulle nie raak aan jou persoonlike bates nie, tensy daar direk bewys kan word dat jy uit en uit bedrog gepleeg het.
As jy as ‘n eenmansaak besigheid doen – d.w.s as jy nie registreer nie – en iets gebeur met die besigheid, soos bv. die besigheid loop bankkrot – dan kan hulle goed by jou kom eis.

Is dit beter om ‘n besigheid te registreer vir belastingsdoeleindes?

Die beste sal wees om jou besigheid te registreer en dan ‘n boekhouer aan te stel wat jou sal help met jou besigheidsbelasting sodat jy nie enige belasting moeilikheid sal optel nie.

Brend_BUTTON2.png

Klein besighede kry gelukkig ligte belasting heffings:

As jy kwalifiseer as ‘n klein besigheid – indien jy onder ‘n sekere jaarlikse omset lewer – dan betaal jy net 7% belasting. As jy daardie omset oorskry kan jou belasting opgaan op na 28%.
Kliek HIER om presies te sien hoeveel belasting jy gaan betaal.

Wat is jou besigheidsregistrasie-opsies?

Jy kan nie meer geslote korporasies stig nie. Meeste rekeningkundiges, prokureurs, dokters, argitekte ens. kan registreer as Personal Liability Companies.

Dan kry jy ook die opsie van 'n publieke maatskappy wat jy dan registreer op die JSE en aandele verkoop - dan is die publiek die eienaars daarvan. Jy kan ook ‘n private maatskappy (PTY) registreer.

Indien jy bv. truie brei en goed doen daarmee, is dit goeie idee om só‘n besigheid te registreer?

In my opinie is dit beter om die besigheid te registreer. Dit is ‘n veilige opsie en dit gee jou 'n mate van kredietwaardigheid as jou maatskappy geregistreerd is.

Wat onderskei ‘n goeie van ‘n slegte afskopbesigheid?

Die grootste rede hoekom besighede misluk of suksesvol is, is hoe suksesvol die sisteme in die besigheid opgestel is. ‘n Besigheid is basies ‘n sisteem in ‘n sisteem in ‘n sisteem. Jy moet seker maak jou werknemers volg ‘n sekere sisteem, jy kry kliënte met ‘n sisteem in plek en jy hanteer jou administrasie en jou finansies met ‘n sekere sisteem.

Die sisteem ‘hardloop’ die besigheid en die mense ‘hardloop’ die sisteem. As ‘n besigheids eienaar, werk jy eers in jou besigheid en stel sisteme op, dan trek jy uit jou besigheid uit en stel mense aan om die sisteme te werk. Daarna werk jy van buite die sisteme af OP jou besigheid en nie meer in jou besigheid nie.
Daarom bepaal dié sisteme uiteindelik die sukses van jou besigheid.

Wat doen ‘n mens as jy regtig beter wil doen met jou besigheid?

Dit hang van drie goed af:
 
1. Dit wat jy lees; boeke en self-ontwikkeling is baie belangrik.

Brend stel die volgende boeke voor:
- Rich Dad, Poor Dad en The Cash Flow Quadrant deur Robert Kiyosaki
- The E-myth Revisited deur Michael J. Gerber
Think and Grow Rich deur Napoleon Hill

2. Jy moet vir jou besigheidsmentors kry wat suskesvol is en jou kan lei in die regte rigting. 

3. Waarna jy luister is ook belangrik. As jy in die kar ry, luister jy Kfm of luister jy iets wat jou kan bemagtig soos ‘n lekker preek deur ‘n goeie predikant of suksesvolle besigheidsmanne wat gesels oor beginsels (soos Warren Buffet of Anthony Roberts)? Waarna luister jy? Dis hiper belangrik.
 

comments powered by Disqus
Frequent topics on our blog:

Click on any topic and we'll take you straight to all the articles we've written on the subject.



Other important financial info:


In Financial News:

Fin24 News

https://www.fin24.com/

Fin24.com | Budget in a nutshell: New hope amid VAT and other tax hikes

-

Finance Minister Malusi Gigaba's Budget speech in the National Assembly was all about rebuilding and restoration in challenging times.



In Investment News: 

Fin24 Investments

https://www.fin24.com/

Fin24.com | Fear in stock market spurs SA fund manager's quiet picks

-

A sharp slide from record levels has created pockets of opportunity in South African equities, according to a R36bn fund manager.



The Markets:
 

Fin24 Markets

https://www.fin24.com/

Fin24.com | Budget speech inspires JSE

-

The JSE turned the tide on Wednesday to end the day in the green after Finance Minister Malusi Gigaba's Budget Speech.